George II | |
---|---|
Koning van Groot-Brittanje en van Ierland; Keurvors van Brunswyk-Lüneburg | |
George II.
| |
Vorstehuis | Hannover |
Titel | Koning van Groot-Brittanje en van Ierland |
Regeer | 11 Junie 1727 – 25 Oktober 1760[1] |
Gekroon | 11 Oktober 1727 |
Voorganger | George I |
Opvolger | George III |
Ander titels | SM[2] die Koning SKH[3] die Prins van Wallis SKH die Hertog van Cornwallis en Cambridge SKH die Hertog van Cambridge SKH die Erfprins van Hannover SKH Prins Georg August van Hannover SKH Hertog Georg August van Brunswyk-Lüneburg |
Volle naam | George Augustus (Duits: Georg August) |
Gebore | 10 November 1683;[1] Herrenhausen-paleis, Hannover |
Oorlede | 25 Oktober 1760;[1] Kensington-paleis, Londen |
Begrawe | 11 November 1760; Westminster-abdy, Londen |
Eggenote | Caroline van Ansbach |
Kinders | Frederick, Prins van Wallis Anne, kroonprinses en Prinses van Oranje Prinses Amelia Prinses Caroline Prins George William Prins William, Hertog van Cumberland Prinses Mary, Landgravin van Hesse Louise, koningin van Denemarke en Noorweë |
Vader | George I |
Moeder | Sophia Dorothea van Celle |
George II (George Augustus; Duits: Georg August; 10 November 1683[1] – 25 Oktober 1760) was van 11 Junie 1727 tot met sy dood koning van Groot-Brittanje en van Ierland, die Hertog van Brunswyk-Lüneburg en die Prins-keurvors van die Heilige Romeinse Ryk.
Hy was die laaste Britse monarg wat buite Groot-Brittanje gebore is en was berug vir sy talle uitvalle met sy pa en later met sy seun. As koning het hy vroeg in sy bewind weinig beheer oor beleid uitgeoefen; die regering is beheer deur Groot-Brittanje se eerste de facto-premier, sir Robert Walpole.